
Wat die Hart van vol is 2 bring weer ‘n vars kykie op hoe die liefde die wêreld laat draai wanneer dié kabaret van 31 Mei tot 2 Junie vanjaar by die PEMADS Little Theatre in Sentraal op die planke gebring word. Onder die regie van Riaan Hanekom en Marelize Booyens, sing, vertel én dans Wat die hart van vol is 2 oud en jonk na ‘n tyd en plek waar die liefde lê. Of mense nou pasgetroud is, besig is om saam oud te word, of bloot die opwinding van ‘n nuwe liefde vir iemand koester, dié kabaret is vir jóú geskryf. Hanekom, wat ook verantwoordelik was vir die eerste Wat die Hart van vol is, het gesê wanneer dit by die liefde kom kan mens nooit uitgepraat raak nie.














